Karoo mode

Al hierdie langnaweke beteken maak mens net lus om jou sak te pak en die land plat te ry. Liezel Malherbe van 9Lives deel haar gunsteling modekopies vir jou volgende Karoo-avontuur.

 

Ek het onlangs teruggekeer van ’n besoek by vanjaar se KKNK en met die terugtog na die Kaap het ons Route 62 geneem. Dis dalk effens stadiger as om op die N2 te klim, maar die skoonheid van die roete maak dit absoluut die moeite werd.

 

Elke hoek en draai, berg en dal lewer ’n prentjie wat jou asem wegslaan, veral wanneer die donderwolke begin saamtrek oor die vlaktes. Route 62 neem jou ook deur ’n paar lieflike plattelandse dorpe waar jy kan stop vir ’n smullekker middagete.

 

Hierdie uitrusting is geïnspireer deur die oop vlaktes en wye horison. Die baadjie is ’n wonderlike aanwins vir die winter. Dit is uiters lig, gestop met dons vere, en dit rol op tot die grote van ’n podloodsakkie. Ek is ook veral opgewonde oor die skoene, gemaak van Nubuck-leer en stewig genoeg om jou oor verskeie paadjies te dra.

 

Loer gerus.

 

K-Way Women’s Tasman dons- en kunspels-kappie R2 499, capeunionmart.co.za. Levi’s 501 Skinny jeans R1 199, levis.co.za. Jeep Footwear Gecko skoene in Plum R1 599, Footwear Trading. Bamboo Revolution horlosie R750, za.bamboorevolution.world

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2019 . Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?