Groot waterskade aan The Grape Vine-restaurant

Verlede week het die bekende Grape Vine-restaurant, wat in Vredendal se hoofstraat geleë is, oorspoel. Die water het uit die mansbadkamer geloop, maar ongelukkig het hulle te laat besef.

Die water het groot skade aan die restaurant aangerig. Die gebou onder Grape Vine-restaurant is ook deur die water beïnvloed en het ook skade gely.

Grape Vine het nie toegelaat dat dit hulle onder kry nie. Ná die groot skade is Grape Vine-restaurant weer gereed om op Vrydag, 21 April, hulle deure oop te maak.

Bron: Grape Vine-restaurant Facebook-blad

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2019 . Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?