Matzikama-munisipaliteit ruim die dorpe op

Die Matzikama-munisipaliteit se tegniese spanne in die Matzikama-streek is hard besig om die dorpe op te ruim en herstelwerke te doen.

Die span doen op ’n daaglikse grondslag verskillende herstelwerke. Hulle is tans besig om waterpype te herstel wat gebars het. Van die lede van die tegniese spanne werk aan rioolpype om te keer dat daar enige blokkasies is. Die tegniese spanne sny ook gras, snoei bome en teer paaie op verskillende areas. Die spanne verwyder weekliks huishoudelike vullis en deel swart rommelsakke uit.

Matzikama-munisipaliteit se tegniese spanne probeer hul bes om die dorpe op te ruim en skoon te hou. Die harde werk wat hulle doen, word waardeer.

Bron: Matzikama-munisipaliteit

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2019 . Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?