Waterval tussen die berge

Waterval-oord – ’n versteekte paradys in die Maskam – is sowat 35 km vanVanrhynsdorp.

Hier is staproetes, rotsklimroetes asook duisende voëls vir die kranige voëlkyker. Ons grootste aantrekking is natuurlik die 380 meter hoë waterval in die Troe-Troe-rivier – een van die hoogstes in Suid-Afrika.

Die waterval vloei slegs tydens die reënseisoen, elke jaar van April tot middel November. Rotstekeninge van die Khoisan-gemeenskap in vroeëre jare is ook te sien teen die Maskamberg se rotswande. Die Spartaanse oopplan-huisies bied alles wat nodig is vir eenvoudige, gemaklike verblyf. Ons pragtige lapa word ook gebruik vir funksies soos onder meer troues. Daar is ook ’n lieflike klein kerkie.

Bron: Waterval-oord

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2019 . Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?