Agogs blink vir Invincibles

Op Saterdag, 25 Maart, het Invincibles kragte gemeet met Marines. Die Invincible A-span het Marines met 31-17 geklop. Puntemakers vir die A-span: Drieë – Folau (2) Jerigo en Heini. Agogs het een stelskop, twee strafskoppe en ’n skepskop oorgesit. Die A-span se speler van die wedstryd was Ashwin Oortman (Agogs).

Invincibles se B-span het Marines met 39-11 geklop. Drieë – Gibbs Camy, JC, Oupa, Pedro, Massie en Gustav. Camy het twee stelskoppe oorgeskop. Die B-span se speler van die wedstryd was Cameron Cloete. Baie dankie aan al die spelers vir julle goeie sportgees. Mag julle eerskomende Saterdag dieselfde doen.

Bron: Hilton Skippers, Invincibles-afrigter

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2019 . Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?