Excelsiors-netbalklub bo

Op Saterdag, 1 April, het die dames van Excelsiors-netbalklub en die dames van Invincibles-netbalklub mekaar die stryd aangesê. Hierdie wedstryd het plaasgevind op die netbalbaan in Klawer-Noord.

Excelsiors-netbalklub het die wedstryd gewen en die telling was 19-17. Die spelers van die wedstryd was: Janeen Koopman, Gene Scholtz en Anecia Peters – baie geluk met die goeie spel. Julle mede-spelers is baie trots op julle.

Baie geluk aan die dames van Excelsiors-netbalklub en baie dankie ook aan die Invincibles-netbalklub vir ‘n goeie wedstryd.

Bron: Amelia Klaase, Excelsiors-netbalklubsekretaresse

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2019 . Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?