Invincible RFC se spelers is weer bo

Op Saterdag, 8 April, het die manne van Invincible RFC kragte gemeet teen Elandsbaai-rugbyklub en daar kan met trots gesê word dat Invincible RFC se manne weer bewys het wat in hulle steek.

Die tellings was as volg: Invincible se A-span het Elandsbaai met 37-20 geklop. Die puntemakers vir die A-span: drieë deur Jerigo Thomas, Dillon van Zyl, JP Nortje, Cervin Job, Garth Dirks, en Wilando Links. Ashwin Oordman het twee stelskoppe en een strafskop oorgesit. Die speler van die wedstryd vir die A-span was Dillon van Zyl.

Invincible se B-span het Elandsbaai met 43-3 geklop. Drieë: Ettienne Moolman, Lionel Jossop en Cameron Cloete. Heinz Schmidt het ’n strafdrie gedruk. Cameron Cloete het ook drie stelskoppe oorgesit en Edwin Parker het een stelskop en een strafskop oorgesit. Ettienne Moolman was die speler van die wedstryd vir die B-span.

Die sportgees was hoog onder die spanne asook onder die ondersteuners. Dit was strawwe wedstryde maar Invincible RFC se A- en B-span het gewys dat hulle dit kan doen. Baie geluk aan hierdie manne in die wit en swart, julle het rede om trots te wees om julself.

Bron: Hilton Skippers, Invincible RFC-afrigter

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2019 . Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?