Invincible RFC t. Elandsbaai-rugbyklub

Eerskomende Saterdag is dit weer tyd vir Invincible RFC om hul rugbytoks reg te kry vir nog ’n dag vol aksie. Die keer gaan hulle gasheer speel vir Elandsbaai-rugbyklub.

Die tye is as volg: die B-span gaan afskop om 14:45 en die A-span sal 16:00 begin. Die toegangsfooie is R5 vir kinders, R10 vir volwassenes en R10 vir vervoer. Die verrigtinge sal plaasvind op Vredendal-Noord sportterein of Jive Park, soos dit vir baie ondersteuners bekend staan.

Al Invincible RFC se ondersteuners sien uit om hulle in aksie te sien op die veld. Sterkte met die naweek se wedstryde. Mag die beste spanne wen.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2019 . Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?