Invincible RFC teen Delicious-rugbyklub

Eerskomende Saterdag speel die manne van Invincible RFC teen Delicious-rugbyklub van Clanwilliam. Die manne in swart en wit sou aanvanklik na Clanwilliam gereis het vir die wedstryde, maar as gevolg van ’n fees wat op die sportterein op Clanwilliam gaan plaasvind, gaan Invincible RFC gasheer speel vir Delicious.

Die B-span gaan afskop om 14:45 en die A-span se wedstryd gaan om 16:00 begin. Die toegangsfooie is as volg: R5 vir kinders, R10 vir volwassenes en R10 vir voertuie. Die dag se verrigtinge gaan plaasvind op die Vredendal-Noord-sportterrein (Jive Park).

Dit gaan weer eens is ’n dag wees om na uit te sien. Ons wens beide A- en B-spanne sterkte toe met die wedstryde, mag die beste spanne die wedstryde wen en mag die sportgees hoog wees by ondersteuners en spelers.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2019 . Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?