Invincible RFC is tops

Op Saterdag, 1 April, het Invincible RFC en Excelsiors-rugbyklub se drie spanne mekaar weer die stryd aangesê op die Klawer-Noord sportterrein.

Die tellings was as volg: Invincible A-span het Excelsiors met 24-20 geklop. Die puntemakers vir die A-span: Drieë: Dillon van Zyl (1) en Cervin Job (1). Job het ook twee strafskoppe oorgesit. Ashwin Oordman het 1 stelskop en twee strafskoppe oorgesit. Die speler van die wedstryd was Cervin Job.

Invincible se B-span het Excelsiors met 16-8 geklop. Drieë: Marshelino Adams (1). Edwin Maarman het een stelskop en twee strafskoppe oorgesit en Allistair Engelbrecht het een skepskop oorgesit. Die speler van die wedstryd was Riaan Hough

Die C-span van Invincible klop die span van Excelsiors rugbyklub met 21-19. Dit is die derde agtereenvolgende keer dat Invincibles vir Excelsiors op hul tuisveld pakgee. Die wedstryd was beslis ’n derby en dis mos altyd lekker om ’n derby te wen.

Baie geluk aan die manne van Invincible RFC, julle kan trots wees op julle spel. Baie dankie aan die spanne van Excelsiors-rugbyklub dat julle so ’n goeie sportgees gehad het.

Bron: Petrus van Zyl & Hilton Skippers, Invincible RFC-afrigters

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2019 . Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?