Trawalians reis na Eendekuil vir rugbywedstryd

Eerskomende Saterdag is dit weer tyd vir die Trawalians-rugbyspan om gereed te maak vir nog ’n opwindende wedstryd. Dié keer gaan die manne kragte meet met Flying Eagles. Trawalians is ook tweede op die punteleer van die gemeenskapbeker.

Die manne gaan na Eendekuil reis om hierdie wedstryde te speel. Hulle gaan Saterdagoggend om 11:00 vertrek van die gemeenskapsaal op Klawer-Noord. Die vervoerkoste is R30 per persoon. Dis belangrik dat die spelers en ondersteuners vroeg by die gemeenskapsaal is sodat daar betyds vertrek kan word.

Dit gaan weer ’n dag wees om na uit te sien. Mag die beste spanne die wedstryde wen en mag die sportgees weer hoog wees tussen Trawalians en Flying Eagles.

Bron: Willy Abrahams, Trawalians-afrigter

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2019 . Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?