Vredendal-rugbyklubtoer

Vredendal se rugbyklubspelers het vanoggend om 7:30 uit Vredendal vertrek op ’n rugbytoernooi. Hulle het eers op Williston gestop by die Blikkies Bar vir middagete en daar was ’n burger en skyfies op hulle spyskaart. Na die middagete het hulle na Douglas vertrek teen wie hulle vanaand ’n wedstryd speel.

Die rugbymanne slaap vanaand langs die Vaalrivier by ’n kampterrein en gaan môre op ’n boot uit op die rivier en dan gaan hulle lekker skaap spitbraai en verversings geniet. Môre-middag na die bootrit gaan hulle die Super-rugby wedstryde in ’n restaurant kyk en die res van die aand daar geniet.

0 Comments

Leave a reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

©2019 . Digitale projekbestuur deur Lightspeed Digital Media.

Log in with your credentials

Forgot your details?